Sunday, March 21, 2010

Rayton (H 8)

Name: Rayton

In 1895 is die Spoorweg, wat vanaf Pretoria na Delagoa loop, hier oor die kaal veld, waar Rayton nou is, voltooi. Baie van die boere in die omgewing het met hulle werkers, werk gekry om brue te bou en om slote te maak waar nodig. Die Engelse het hulle kamp hier kom opslaan nadat Pretoria deur hulle oorgeneem is ( Anglo-Boere oorlog 1899-1902). Rayton was toe nog kaal veld en dit was nog bekend as Elandshoek.

Na die Anglo-Boere Oorlog in 1903 is die Premiermyn ontdek. Dit het 'n stormloop van delwers na die gebied tot gevolg gehad. Daar is toe 'n sindikaat gevorm met die naam van Premier Transvaal Diamant Maatskappy. Die ontdekker van die myn was Sir Thomas Cullinan.

Met die ontdekking van die Premiermyn het daar talle aspirant prospekteerders hier rond op plase opsies opgeneem om na diamante te soek. So het daar toe verskillende klein myntjies ontstaan rondom Rayton Junction-soos die ou stasie genoem was. Die myne was die Schiller-, Montrose- en Dunmoremyne. Tussen hierdie myne is die dorp Rayton uitgelê deur Montrose Diamond Mining Co.

Die naam "Rayton" is vernoem na die vrou van Kolonel Balliston, Lady Rachel Ray Williston. Die Kolonel was een van die bestuurders van die Montrose Diamond Mining Co.

Baie sinkgeboue is opgerig, wat as winkels gedien het. Goeie besigheid is gedoen met die mywerkers en delwers. 'n Magistraat, ene Mnr. Terry, is aangestel en die Magistraatskantoor was die eerste permanente gebou in Rayton. Die gebou bestaan vandag nog en is bekend as die ou Poskantoor. Die dorp het ook gespog met sy eie hotel, dokter, slaghuis, slagpale, bakkery, lemoenfabriek en skool.

Aan die begin het Rayton 'n goeie oplewing getoon, maar het die dorpie vanaf 1913 begin kwyn. Die klein myntjies rondom het een na die ander gesluit en besigheid het met 75% gedaal, ook omdat die Premiermyn toe baie selfstandig gefunksioneer het. Premiermyn het nou hulle eie winkels, dokter en vermaak lokale gehad.

Die spoorlyn tussen Rayton en Premiermyn is in 1905-1906 gebou en voltooi. Die Spoorweg werkers het gevolglik ook die gebied verlaat nadat die spoorlyn voltooi is. Gevolglik is die Magistraat- en Polisie kantoor ook verskuif na Premiermyn. Na die Tweede Wêreld oorlog was Rayton baie arm en basies 'n "spook dorpie". Die gedeeltes van "Elandshoek" wat nog nie as standplase of erwe uitgegee was nie, is deur 'n vennootskap van die Stella Myn Maatskappy gekoop.

Die vennootskap het toe die gebied Elandshoek, gedeeltelik as dorpsgrond en gedeeltelik as plotte rondom geproklameer. Rondom 1930-1936 kon 'n mens dus goedkoop erwe koop en het daar toe weer mense kom woon op Rayton, na die Tweede Wêreld Oorlog. Veral met die Premiermyn wat tydens die oorlog gesluit het en saam met Zonderwater as 'n militêre basis gedien het. Van toe af het die dorpie weer opgeleef.

Vandag, bykans 'n honderd jaar later, spog Rayton met status as ontwikkelingsdorp-'n dorp met puik geleenthede!!
More: http://rayton.co.za/content/view/2/27/



Google count:
Date:

Historic fact:

Other interesting info:

Where to stay:

Links

http://www.rayton.co.za/

No comments:

Train