Tuesday, July 7, 2015

Long Hope

Ongeveer 10 km suid van Kookhuis (Cookhouse) op die plaas en by die spoorweghalte Long Hope, op die pad van Cradock na Port Elizabeth staan 'n eenvoudige gedenknaald wat die vyf vryheidsvegters herdenk wat op daardie plek tereggestel is. Die naald is opgerig met geldelike bydraes deur die publiek en onthul op 9 Maart 1916, presies 'n eeu na die tragiese gebeure daar. By die geleentheid was die sprekers dr. D.F. Malan en ds. M.L. de Villiers, toe predikant te Bedford en latere toonsetter van Die Stem. De Villiers se lied Slagtersnek is by hierdie onthulling vir die eerste maal deur 'n koor uitgevoer. Op 26 September 1938 tydens die Simboliese Ossewatrek is 'n Voortrekkerwa hier verby en is kranse aan die voet van die naald gelĂȘ. Die werklike Slagtersnek is 16 km noord van hierdie punt. Slagtersnek

Train